Ons het ‘n vergesig vir Suid-Afrika en wyer – ‘n gemenebes van gelowige volke wat almal die heerskappy van Jesus Christus erken en saam besig is met die uitvoering van sy plan, mekaar kan help, kontak met mekaar kan maak, oor en weer ‘n roeping teenoor mekaar kan vervul. Op hierdie wyse wil ons alle volke oproep om hul hande te klap en tot eer van God te juig; om hul stem te verhef en sy Naam in elke stad op aarde te roem. Hy is immers ewig Koning in die hemel en op aarde!
1 PETRUS 5:7 - Werp al julle bekommernis op Hom, want Hy sorg vir julle.